Boland Landbouskool/Agricultural High School
WELKOM BY BOLAND LANDBOUSKOOL SUPPORTA
Die Hoër Landbouskool Boland is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Wes-Kaap, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding.
Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van hoogstaande gehalte aangebied.
Ons visie is ‘n toonaangewende Hoër Landbouskool wat waardegedrewe opvoeding en professionele onderrig by uitnemendheid aan die kind bied – dit impliseer dat die omgewing se behoefte na gebalanseerde gemeenskapsleiers bevredig sal word deur die ontwikkeling van ons leerders se potensiaal deur middel van ons unieke onderrigomgewing.
Wat bied die Boland Landbouskool webportaal aan u, die ondersteuner?
Ons primêre funksie is om fondse vir Boland Landbouskool in te samel, om sodoende selfs beter fasiliteite en geleenthede aan hulle studente te bied.
Hoe kan u deelneem?
Gebruik asseblief enige Engelse skakelwoord in die 'Services & Suppliers' SEARCH funksie elders op hierdie bladsy, om deelnemende Supporta borge en sakevennote in u omgewing te vind. Verskaf dan slegs u Supporta gebruikersnaam (username) aan die bestuurder wanneer u die transaksie beklink, en vra hulle om dit by Supporta aan te teken.
Afhangende van u profiel voorkeure, word ‘n kontantbeloning as deel van elke transaksie aan Boland Landbouskool oorbetaal, of maandeliks direk in u bankrekening terugbetaal.
Kontak Supporta asseblief direk op 0861 24 INFO (4636) indien u enige probleme ondervind.
Baie dankie vir u Boland Landbouskool ondersteuning!